Northerns o.16 hokkiespan – Hoërskool Zwartkop is ongelooflik trots op Sarah Gouws. Sy is tydens die Northerns o.16 hokkieproewe nie net vir die span gekies is nie. Sarah is ook aaangewys as Speler van die Toernooi. Hierdie prestasie is ’n groot mylpaal en ’n bewys van haar harde werk, toewyding en talent op die hokkieveld.
Die span gaan van 7 tot 12 Julie deelneem aan die SA Schools Hockey Nationals. Dit word aangebied by die pragtige Hilton College in Pietermaritzburg. Dit is een van die hoogtepunte op die nasionale skoolhokkiekalender, waar die beste jong spelers van regoor Suid-Afrika mekaar die stryd aansê.
Sarah se insluiting in die span bring groot trots vir die Zwarrie-familie, en sy dien as inspirasie vir haar spanmaats en jonger spelers wat na haar opkyk. Sy gaan verseker die Zwartkop-gees met trots uitdra en haar alles gee op die veld.
Sterkte, Sarah, die hele skool staan agter jou!
Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








