Skryfstuk opgeneem in Poort -Merensky Landbou Akademie kan met trots aankondig dat Henk de Wet uitsonderlik presteer het. Sy skryfstuk Refleksie is opgeneem in die gesogte Poort 2026-uitgawe.
Henk was ‘n graad 12 leerder in 2025. Die publikasie, Poort, vorm deel van die Afrikaans SA Wetenskap en Kuns Skryfkompetisie. Slegs die beste en mees oorspronklike werke verdien ‘n plek in die publikasie.
Henk se stuk, wat tydens die 2025 Rekordeksamen geskryf is, het die keurders beïndruk met sy diepgang en unieke perspektief. Refleksie dra nie net sy persoonlike stem nie, maar weerspieël ook die gehalte van onderrig en kreatiewe denke wat by Merensky gekweek word.
Die opname van sy werk in Poort 2026 beteken dat Henk se naam nou langs dié van ander jong skrywers en denkers verskyn. Dit maak ’n bydrae tot die Afrikaanse letterkunde en kultuur. Dit is ’n groot eer en ’n mylpaal wat sy harde werk en toewyding beloon.
Baie geluk, Henk! Jou prestasie bring trots aan jou skool, jou familie en jou gemeenskap.
Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








