Rugby Bokkieweek 2026 – Primêre skool Naudeville is baie trots op vier van hul rugbyspelers. Hulle is gekies is vir die o.13 Rugby Bokkieweek 2026.
Die spelers wat gekies is, is Hanno van Jaarsveld, Jordan Clark, Dawie Fourie en Duncan Bekker
Hierdie gesogte toernooi vind plaas van 29 Junie tot 3 Julie 2026 by Kearsney College in Durban. Dit waar die beste jong rugbytalente van regoor Suid-Afrika mekaar die stryd aansê.
Naudies is ongelooflik trots op hierdie manne. Gaan dra julle skool se naam met trots en sportmangees uit. Sterkte, manne – speel met hart en hou die Naudeville-vlag hoog! 🎉
Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








