Oppie Tong Af Redenaars – Hoërskool Fichardtpark is baie trots op Charlize van Rooyen wat haar stem laat hoor het in Oppie Tong Af Redenaars. Sy verower ‘n plek in die semi-finale rondte waar sy van 25 tot 30 Mei aanlyn haar redenaarsvernuf gaan wys. Charlize gaan Fichies met trots verteenwoordig.
Baie geluk, Charlize! Jou harde werk en passie vir woorde inspireer almal. Die hele Fichardtpark-familie staan agter jou en wens jou krag, selfvertroue en sukses toe.
Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








