2026 SA Skole Swemkampioenskap. George se Kwaggas skitter op nasionale vlak!
Baie geluk aan Tiaan Terblanche (Graad 10) en Isabeau Coetsee (Graad 8) wat vir die Wes-Kaap Swemspan gekies is en van 23–27 April 2026 aan die SA Skole Swemkampioenskappe in Kaapstad deelgeneem het.
Isabeau het geskiedenis gemaak deur drie SA Skole-rekords te verbeter – ’n ongelooflike prestasie wat haar naam in die rekordboeke laat pryk. Ons is uiters trots op jou, Isabeau!
Hierdie uitsonderlike resultate plaas beide swemmers onder die beste skoleswemmers in Suid-Afrika.
🌟 Uitslae
🔹 Tiaan Terblanche
- 🥇 50m Vlinderslag
- 🥇 50m Borsslag
- 🥉 50m Vryslag
- 🥉 50m Rugslag
- 🥉 100m Rugslag
🔹 Isabeau Coetsee
- 🥇 50m Rugslag – SA Skole Rekord
- 🥇 100m Rugslag – SA Skole Rekord
- 🥇 200m Rugslag – SA Skole Rekord
- 🥇 100m Vlinderslag
- 🥇 100m Vryslag
- 🥇 200m Individuele Wisselslag
🔹 Aflosse
- 🥇 4 x 100m Wisselslag-aflos
- 🥈 4 x 100m Vryslag-aflos
- 🥉 4 x 50m Gemengde Vryslag-aflos
🏆 Senior Victrix Ludorum – Isabeau Coetsee
Welgedaan, Kwaggas! Julle het met harde werk en deursettingsvermoë uitmuntend presteer. Julle maak Hoërskool Outeniqua en die George-gemeenskap ongelooflik trots!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor









