)

Fairtree Netbaltoernooi – Hoërskool Randburg presteer mooi

Fairtree Netbaltoernooi. Hoërskool Randburg-netbalspanne blink uit by Fairtree Netbaltoernooi.

Hoërskool Randburg se o.15- en 1ste netbalspanne het die afgelope naweek hul merk gemaak by die gesogte Fairtree-toernooi wat by Hoërskool Menlopark aangebied is. Ons dogters het met groot vasberadenheid en veggees gespeel, en hul skool met trots verteenwoordig.

o.15-span

Die o.15-span het sterk begin en ’n reeks indrukwekkende oorwinnings behaal:

  • vs Dr Malan: wen 14–6
  • vs Ben Vorster: verloor 12–15
  • vs Upington: wen 25–12
  • vs EG Jansen: wen 25–6
  • vs Noordheuwel: verloor 18–20
  • vs Hugenote: wen 23–11
  • vs Eldoraigne: verloor 14–17

Met hierdie resultate eindig die span 4de in hul groep en dring deur om vir posisies 5–8 mee te ding.

  • Semi-finaal: vs Fichardtpark – wen 17–16
  • Finaal (posisie 5 & 6): vs Dinamika – verloor 13–29

Die o.15-span sluit die toernooi af met ’n puik 6de plek uit 16 skole – ’n prestasie wat hul harde werk en spanpoging weerspieël.

1ste span

1Ste span het ook hul staal gewys teen sterk kompetisie:

  • vs EG Jansen: verloor 25–27
  • vs Upington: wen 18–17
  • vs Ben Vorster: wen 25–24
  • vs Hugenote: verloor 22–28
  • vs Dr Malan: wen 23–17
  • vs Noordheuwel: verloor 8–16
  • vs Eldoraigne: verloor 19–24

Die span eindig 6de in hul groep en speel vir posisies 9–12.

  • Semi-finaal: vs Menlopark – verloor 26–29
  • Finaal (posisie 11 & 12): vs Potch Volkies – verloor 17–26

Die 1ste span het die toernooi met ’n 12de plek uit 16 skole, en het met moed en deursettingsvermoë elke wedstryd aangepak.

Hoërskool Randburg is trots op elke speler en afrigter wat hul tyd, energie en passie ingesit het. Julle het gewys wat ware Randburg-gees beteken – veg, glo en groei.

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.hsrandburg.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal