Oppie-Tong-Af-Redenaars – Hoërskool Duineveld se redenaars het onlangs hul talente ten toon gestel by die Oppie-Tong-Af-Redenaars, wat digitaal aangebied is. Met skerp argumente, inspirerende motiverings en vermaaklike toesprake het die Velties gewys dat hulle nie net kan praat nie – hulle kan skitter!
Duineveld is ongelooflik trots op die 11 redenaars wat die skool met styl en selfvertroue verteenwoordig het. Hulle uitsonderlike prestasies bevestig dat Duineveld se stemme sterk en helder in die redenaarswêreld klink.
Beredenerende toesprake
- Gr. 9: Dysman van Eeden – 88%, Anjomé Coetzee – 84%
- Gr. 10: Miyanna Fourie – 85,5%
- Gr. 11: Emily van As – 86,5%, Dunay van der Berg – 85,5%
- Gr. 12: Annah-Jane Stolper – 89%, Carla Klindt – 88,5%, Gideon Niemand – 86%
Motiveringstoespraak
- Gr. 11: Christiaan Crafford – 88,5%
Vermaaklikheidstoespraak
- Gr. 11: Caro Engelbrecht – 84%
English motivational speech
- Gr. 12: Avuzwa Kalipa – 82,5%
Met sulke indrukwekkende punte het die Velties bewys dat hulle nie net die kuns van redenasie bemeester nie, maar ook die vermoë het om ander te inspireer en te vermaak.
Hoërskool Duineveld se Oppie-Tong-Af- redenaars laat stemme klankryk weerklink. Dit is ’n bewys dat elkeen se selfvertroue, voorbereiding en passie ’n kragtige kombinasie is.
Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien











