Onderwaterhokkie. Hoërskool Bredasdorp: Onderwaterhokkie-prestasies by Nasionale Kampioenskappe.
Hoërskool Bredasdorp is uiters trots op hul leerders wat die Boland verteenwoordig het tydens die Nasionale Onderwaterhokkie-kampioenskappe wat van 26 tot 28 Maart in Somerset-Wes plaasgevind het.
- O.19A-mans het ’n puik derde plek behaal. Spanlede: Jan-Carel Lochner, Philip Fick, Stefan Swart, Hugo Bester en Hugo Pretorius.
- O.16A-meisies het met groot trots die eerste plek en goud gewen. Spanlede: Clara de Jager, Marike de Wet, Lianie Treurnicht, Gite-Mari Malherbe en Leslie-Ann Janse van Rensburg.
- O.16A-seuns, met Markus van der Walt as verteenwoordiger, het ook die eerste plek en goud verower.
- O.19B-dames het ’n vierde plek behaal, met Jessica Burger as spanverteenwoordiger.
- O.16-Orcas en Stingrays het onderskeidelik die vyfde en sesde plekke verower. Spanlede: Liam Haack, Dayton Hartnick, Luke Gilliomee, Blake Edwards, Dirk Uys en Jan-Joubert Willemse.
Hierdie leerders het ware deursettingsvermoë en spanwerk getoon, en waardevolle ervaring opgedoen. Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle.
Baie geluk, BD’s!


Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor









