)

Fietsryprestasies – Hoër Meisieskool Bloemhof presteer

Fietsryprestasies. Hoër Meisieskool Bloemhof fietsryers trap die jaar af met glans.

Die eerste kwartaal van 2026 was ’n besonder sterk begin vir Bloemhof se fietsryspan. By die jaar se eerste skoleresies wat onlangs by Devonbosch plaasgevind het, het agt leerders met groot ywer deelgeneem en uitstekende fietsryprestasies behaal:

  • o.18’s: Isabel Lutz (1ste) en Mia Gerber (3de)
  • o.16’s: Lara van der Vyver (2de) en Klara du Plessis (8ste)
  • o.15’s: Mienke Kotze (8ste), Emma Murray (10de), Kara Boonzaaier (11de) en Elzanri Oosthuizen (15de)

Vroeër in die kwartaal het Isabel en Lara ook hul talente by twee ander byeenkomste ten toon gestel. By die eerste WP-byeenkoms van die jaar het Isabel ’n algehele 3de plek behaal. Lara het haar afdeling gewen.

Die hoogtepunt was egter die SA Cup in die Paarl. Dit was ’n Tweedaagse bergfietskompetisie wat beide die korter XCC (Cross-Country Short Track) en die langer, uitdagende XCO (Cross-Country Olympic) ingesluit het.

  • Isabel het 7de en 6de geëindig in die afdeling Junior Women.
  • Lara het die kompetisie oorheers en beide die XCC én XCO in die afdeling Youth Women gewen.

Hierdie prestasies bevestig Bloemhof se groeiende reputasie in fietsry en wys dat die skool nie net akademies en kultureel uitblink nie, maar ook sportief sterk staan. ’n Spesiale woord van dank aan die afrigters en ondersteuners wat die leerders aanmoedig en begelei.

Veels geluk aan al ons fietsryers – julle is ware Bloemhoffers wat met trots en deursettingsvermoë die skool se naam hoog hou!

Lees meer suksesvolle skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://hmsbloemhof.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal