South African Junior Chess. Hoërskool Outeniqua: Nog Kwaggas blink uit by nasionale skaaktoernooi!
Hoërskool Outeniqua is verheug om aan te kondig dat Nina van Niekerk en Anneke Erasmus gekies is om in die seniorafdeling van die South African Junior Chess Closed Championship (SAJCCC) deel te neem.
Hierdie uitmuntende leerders verteenwoordig die Wes-Kaap saam met hul spanmaats tydens die nasionale toernooi. Die toernooi vind plaas van 28 Maart tot 2 April in Rustenburg, Noordwes.
Die hele Kwagga-familie is trots op julle. Hulle wens Nina en Anneke krag en sukses toe met hul voorbereiding en deelname. Julle dra die vaandel hoog – gaan wys wat Kwaggas kan doen!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








