CHOC-Huis. Hoërskool Fichardtpark, Bloemfontein, se leerders het beslis sagte, omgee harte. Fichie-leerders het onlangs ’n betekenisvolle uitreikprojek na die CHOC-Huis onderneem. Die inisiatief is met groot toewyding deur Carli Bouwer, ’n Graad 12-leerder, saam met juffrou Sylvia en mede-Fichies Anja Beyleveld en Shanté van der Walt beplan en uitgevoer.
Die projek het behels dat die leerders sagte speelgoed en beertjies ingesamel het om aan die kinders van CHOC oor te dra – ’n gebaar wat warmte, hoop en omgee bring aan jong pasiënte wat deur uitdagende tye gaan.
Hierdie daad van liefde en diensbaarheid weerspieël die ware gees van ons Fichie-familie: om nie net binne die skoolgemeenskap nie, maar ook in die breër samelewing ’n verskil te maak.
Baie dankie aan elke Fichie wat bygedra het – julle harte en hande bring lig waar dit die nodigste is.


Om meer uit te vind oor CHOC-Huis, klik op https://choc.org.za/
Lees meer interessante skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








