Tweekampspan – Hoër Meisieskool Oranje se tweekampspan het ’n merkwaardige mylpaal bereik. Sewe atlete is gekies om die Vrystaat by die komende Suid-Afrikaanse tweekampkampioenskap in Oudtshoorn te verteenwoordig.
Die span bestaan uit:
- Miné Prinsloo – o/19
- Annabel Meyer – o/15
- Michelle Pienaar – o/17
- Mari Moolman – o/15
- Livia Gutter – o/15
- Lienke van Os – o/19
- Leandi Prinsloo – o/17
Hierdie prestasie bevestig Oranje se sterk tradisie in tweekamp en die skool se vermoë om jaar na jaar topatlete op te lewer.
Leandi Prinsloo het verlede jaar geskiedenis gemaak. Sy was die eerste Oranjeniet in agt jaar wat ’n podiumplek by die nasionale kampioenskap behaal het .Dit was ’n pragtige derde plek. Haar sukses dien as inspirasie vir die hele span wat nou hul kans kry om hul naam op die nasionale verhoog te vestig.
Met sewe Oranje-atlete wat die Vrystaatse kleure dra, is die verwagting hoog dat die span nie net hul provinsie met trots gaan verteenwoordig nie, maar ook nuwe hoogtes kan bereik.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








