Voorseisoen-Toernooi – Die 2026-hokkieseisoen het met groot opwinding afgeskop. Hoërskool Duineveld het aan ’n uitstekende voorseisoentoernooi in Kimberley deelgeneem. Die toernooi is aangebied deur Hoërskool Noord-Kaap. Spanne van regoor die land het bymekaar gekom en dit was ’n ware fees van talent en sportgees.
Die o.16A- en o.19A-seuns en -dogters het met trots die Duineveld-kleure gedra. Hulle het hul vaardighede op die veld ten toon gestel.
Skole wat aan die Voorseisoen-Toernooi deelgeneem het was as volg:
- Hoërskool Diamantveld
- Milnerton College
- Kimberley Boys’ High
- St Patrick’s College
- Beaulieu College,
- Kimberley Girls’ High
- St Michael’s High School for Girls en
- St Andrew’s
Uitslae en hoogtepunte:
- o.16A-seuns
Die seuns het vyf wedstryde gespeel en met elke wedstryd merkbaar verbeter. Baie van die spelers is nog o.14’s wat uitstekende vordering toon – ’n belofte vir die toekoms.
- o.16A-dogters:
Hulle het agt wedstryde gespeel, waarvan drie gewen, drie gelykop en twee verloor is. ’n Sterk vertoning wat wys dat die span se harde werk vrugte afwerp.
- o.19A-seuns:
o.19-Seuns het ses wedstryde voltooi met een oorwinning, drie gelykop en twee nederlae. Die span het vasgebyt en waardevolle ervaring opgedoen.
- o.19A-dogters:
Hoërskool Duineveld se o.19A dogters het drie wedstryde gewen en drie gelykop gespeel. Hulle het deurgedring tot die finaal teen Hoërskool Noord-Kaap en met trots as wenners van die toernooi uit die stryd getree!
Baie geluk aan elke afrigter en speler wat hul alles gegee het. Hulle toewyding, spanwerk en passie maak hul skool ongelooflik trots. Hierdie voorseisoen-toernooi was nie net ’n toets van vaardigheid nie, maar ook ’n viering van die gees van Duineveld-hokkie.



Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








