Fichardtpark Prestige atletiekbyeenkoms. Grey Kollege Primêr blink uit.
Op Saterdag, 14 Februarie, het 58 atlete van Grey Primêr met groot entoesiasme deelgeneem aan die jaarlikse Fichardtpark Prestige Atletiekbyeenkoms. Die dag was vol hoogtepunte, met verskeie rekords wat verbeter is.
Rekordbrekers
- Lian Odendaal – 60m, seuns o.7
- Carlin Jordaan – 60m én 80m, seuns o.8
- Mitchell Claassens – 80m, seuns o.10
Spesiale Toekennings
Aan die einde van die byeenkoms is besondere toekennings aan die volgende atlete oorhandig:
- Beste naelloop (7–9 jaar): Carlin Jordaan
- Beste prestasie in gewigstoot: Liam Saayman
- Beste prestasie in spiesgooi: Tristan Immink Oberholzer
Grey Primêr is uiters trots op al hul atlete wat met toewyding en sportmanskap deelgeneem het. Julle het die skool met eer verteenwoordig, manne!



Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
https://greycollegeprimary.com/
Foto’s verskaf










