Mangaung Gala. Bethlehem Voortrekker Hoƫrskool se swemmers het onlangs puik vertoon tydens die Mangaung Gala wat in Bloemfontein aangebied is. Die span het met hul toewyding en talent die skool se naam hoog gehou en verskeie medaljes huis-toe gebring.
Erich Rautenbach het uitgestaan met ān reeks indrukwekkende swem-items. Hy het vier silwermedaljes en een bronsmedalje verower, en sy uitstekende prestasie het hom gekwalifiseer vir die Youth Kampioenskappe wat in Maart plaasvind.
Elanri het ook haar merk gemaak met ān sterk vertoning en ān welverdiende silwermedalje.
Leah het met volgehoue vasberadenheid verskeie vyfde plekke behaal en waardevolle punte vir die span ingesamel.
Die drie swemmers het met hul harde werk en deursettingsvermoĆ« die skool met trots verteenwoordig en bewys dat BVHS ān krag is om mee rekening te hou in die swemarena.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf











