)

Nuwe Era en Leier – Welkom by toonaangewende DF Akademie

Nuwe Era en Leier. 14 Januarie 2026 is ’n dag van besondere betekenis en kosbare herinnering. Op hierdie dag verwelkom DF Akademie nie net die klas van 2030 nie. Die skool verwelkom ook ’n splinternuwe skoolhoof, Mnr Hannes Oosthuizen. Boonop open die skool die deure onder die nuwe naam: DF Akademie.

Die trots, kultuur en identiteit van die Dee-Effers leef voort. Die nuwe naam gee die bekende afkorting DF ’n dieper betekenis: Dux Fidelisgetroue leier. In ’n wêreld vol verandering kies DF Akademie om ligdraers te wees. Leiers wat deur hul voorbeeld ’n positiewe verskil maak in die gemeenskap en die wêreld rondom hulle.

Mnr. Oosthuizen verwoord dit treffend: “DF was nog altyd ’n getroue leier in die onderwyslandskap. Terwyl ons met dankbaarheid terugkyk na ’n ryk verlede, sien ons met opgewondenheid uit na die toekoms en die groeipad wat vir ons voorlê. Met die begin van ’n nuwe era bly ons bewus daarvan dat Sy lig op ons skyn. Dat ons elke dag kies om daarin te wandel. As nuwe Dee-Effer beskou ek myself bevoorreg om saam aan hierdie hoofstuk te mag skryf.”

“Met groot vreugde sê ons: Welkom by jou nuwe DF-familie, mnr. Oosthuizen. Ons is saam met u opgewonde oor die reis wat voorlê en die nuwe hoofstuk wat ons vandag begin.”

Lees meer interessante skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.dfmalan.com/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal