Kovsie Smash Krieketweek 2026. Kovsie Smash Dag 2.
Die manne in Ligblou wys hul staal by die Kovsie Smash Krieketweek 2026 en lê bo in Groep A nadat hulle al vier hul poelwedstryde gewen het!
Dinsdag, 6 Januarie
Valia teen Merensky
Merensky het eerste gekolf, maar is vir 60 lopies in 16.1 boulbeurte uitgeboul.
- Aden Matthee: 2/10
- Declan Steinmann: 2/17
Valia jaag die teiken vinnig af in net 6.1 boulbeurte en wen met 6 paaltjies.
- Kriegler Botha: 25* (11 balle)
Transvalia teen Jim Fouché
Valia kolf eerste en teken 98 lopies aan.
- Kriegler Botha: 27 (24)
- Abrie Botha: 16 (13)
Valia se boulers het uitstekend gevaar, ondersteun deur skitterende veldwerk. Jim Fouché is vir 47 lopies in die 13de boulbeurt uitgehaal.
- Declan Steinmann: 4/12 in 4
- Kriegler Botha: 3/7 in 4
Valia wen oortuigend met 51 lopies!

Woensdag, 7 Januarie
Valia vs Trio – 09:00 by Tommix Oval, Grey College. Sterkte manne!
Lees meer uitstekende skolenuus hier! https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.hstransvalia.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor









