Biathle/ triathle-wêreldkampioenskappe. Vier DF-dames het die afgelope week in Mosselbaai aan die biathle/ triathle-wêreldkampioenskappe deelgeneem! Afgesien daarvan dat dit ‘n rowwe week was, het almal het uitstekend gevaar.
In die kategorie vir senior vroue het me. du Bruyn die kompetisie vir DF afgeskop met ‘n 4de posisie in die biathle. Sy het ook goud gewen in die spankompetisie. Me. van Eyssen het aan dieselfde resies deelgeneem. (Vir dié wat nie weet nie, hierdie twee is sussies).
Mieka Vermeulen het uitstekend gevaar in die biathle vir dogters o. 17 met Stephanie Minnaar kort op haar hakke.
Stephanie het aan al drie dissiplines deelgeneem en alle verwagtinge oortref en ook die volgende vermag buiten haar prestasie in biathle: Sy behaal ‘n 4de posisie in die triathle en ‘n silwer medalje in die laser run. Dit beteken dat sy in hierdie disipline nie net die 2de beste in Afrika is nie, maar ook in die wêreld!
DF is baie trots op hierdie super sportvroue wat op internasionale vlak so fantasties presteer!
Lees meer uitstekende skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/ https://www.dfmalan.com/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor









