Afrika Atletiekkampioenskappe. 🏆 Kwaggas vier ’n kampioen!
Hoërskool Outeniqua, George, bruis van trots oor Jayden Fourie, wat Suid-Afrika se vlag hoog laat wapper by die Afrika Atleiekkampioenskappe in Angola. Jaden se uitslae is eenvoudig fenomenaal:
- Goud in die verspring
- Goud in die 200m
- Silwer in die medley-aflos
✨ Baie geluk, Jayden! Jy is nie net ’n ster-atleet nie, maar ook ’n ware inspirasie vir die Kwaggas en Suid-Afrika.
En die goeie nuus hou nie daar op nie… Jayden is gekies vir die voorlopige o.20 Wêreldspan wat volgende jaar in Oregon, VSA gaan deelneem!
Die hele Kwagga-familie hou duim vas en glo dat jy Suid-Afrika met trots gaan verteenwoordig.
Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








