Foxes Black Indoor hokkiespan. HTS Drostdy is trots op hokkietalente.
HTS Drostdy, Worcester, is trots om aan te kondig dat Anke Britz en Megan Kennedy gekies is vir die o.16 Boland Foxes Black binnenshuise hokkiespan. Die span neem deel aan die Shield-afdeling van die PSI Nationals (Pro Series Indoor Nationals). Dit word van 14 tot 18 Desember by die Wynberg Militêre Basis in Kaapstad aangebied.
Die PSI Nationals vier vanjaar sy 19de bestaansjaar. Dit is die grootste binnenshuise hokkietoernooi ter wêreld, met meer as 2000 spelers van regoor die wêreld wat meeding. Indien Anke en Megan hier uitblink, kan hulle moontlik vir die PSI All Star-span gekies word. Die span gaan later in Europa toer.
Terselfdertyd vind die Nkosi Cup ook by die Wynberg Militêre Basis plaas. Hierdie internasionale binnenshuise toernooi lok ses nasionale spanne: Australië, Nieu-Zeeland, Zimbabwe, Suid-Afrika, die VSA en Namibië.
HTS Drostdy is werklik trots op Anke en Megan. Die skool glo dat hulle hul skool met trots en toewyding sal verteenwoordig.


Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








