AFS Sub Youth Championship. Baie geluk aan al die JF-atlete wat hul talente en harde werk met trots ten toon gestel het tydens die AFS Sub Youth Championship op Saterdag, 22 November 2025. Die atlete het nie net medaljes gewen nie, maar ook die naam van hul skool met eer gedra!
Uitslae behaal:
- 2de – Verspring o.13: Melinke
- 3de – 200m o.13: Melinke
- 3de – 200mH o.13: Laura
- 1ste – Verspring o.11: Aiden
- 1ste – Tjavelin: Madeniyah
- 3de – Gewigstoot: Madeniyah
- 3de – Hoogspring: Pedri Venter
- 3de – Gewigstoot: Amber
- 3de – Diskus: Alexander
- 1ste – Veelkamp o.11: Skyler
Vrystaatspan-keuring:
Primêre Skool Jim Fouché is ook verheug om aan te kondig dat die volgende atlete gekies is om die Vrystaatspan te verteenwoordig by die AFS/ASA SA’s wat op 7 en 8 Desember in Potchefstroom plaasvind:
- Aiden – Verspring
- Pedri Venter – Hoogspring
- Melinke – 100m en 200m
- Laura – 75mH
- Alexander – Diskus
JF Primêr is ongelooflik trots op elkeen van julle. Julle toewyding, deursettingsvermoë en sportmanskap is ’n inspirasie vir die hele JF-familie. Mag hierdie prestasies net die begin wees van nog vele hoogtepunte in julle sportloopbane.

Sterkte en sukses vir die komende SA Byeenkoms – gaan wys wat JF-atlete kan doen!
Lees meer skitterende skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf










