ABRSM Internasionale Musiekeksamen. Hoërskool Sentraal is ongelooflik trots op vier van hul talentvolle leerders wat onlangs uitmuntende uitslae in die ABRSM Internasionale Musiekeksamen behaal het:
- Anneke Wolvaart – Graad 7 Klavier: 93%
- Niël Haasbroek – Graad 5 Klavier: 84% en Graad 5 Teorie: 97%
- Lana Lubbe – Graad 5 Klavier: 82% en Graad 5 Teorie: 87%
- Vené le Roux – Graad 5 Klavier: 77%
Hierdie uitslae is ’n bewys van hul harde werk, toewyding en passie vir musiek. ‘n Graad 7 klavier-uitslag van 93% is uitmuntend, en die teorie-punte van Niël en Lana toon ’n sterk begrip van musiek se boustene. Die skoolgemeenskap vier saam met julle en glo dat julle ’n blink toekoms in die musiekwêreld het.
👏 Baie geluk, Anneke, Niël, Lana en Vené – julle maak Sentraal baie trots!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








