Goue medalje Funksie. 🏅 Hoërskool Fichardpark – Vrystaat Atletiek Goue Medalje Verenigingsfunksie.
Drie van Hoërskool Fichardtpark se uitmuntende Fichie-atlete is tydens die Vrystaat Atletiek Goue Medalje Verenigingsfunksie vir hul puik prestasies in die 2025-seisoen vereer.
Die glansgeleentheid is vanjaar by Hoërskool Voortrekker in Betlehem aangebied en slegs atlete wat goue medaljes tydens die SA Skole Atletiekkampioenskappe verower het, is na hierdie eksklusiewe funksie genooi.
Fichies is trots op die volgende ster-atlete:
- Matthew Durow – Seuns o.19 Hamergooi
- Matthew Valentine – Seuns o.17, lid van die Vrystaat-aflosspan
- Judy Watson – Dogters o.19 Gewigstoot
Baie geluk aan elkeen van julle met hierdie besondere prestasie! 🎉 ’n Spesiale woord van dank aan mnr. Louw Prinsloo wat die atlete vergesel en ondersteun het.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf










