O.18 SA Barbarians Rugbyspan. 🏉 Hoërskool Transvalia Rugby 2025.
Hoërskool Transvalia, Vanderbijlpark, se harte klop vandag vol trots vir drie van hul uitblinker-rugbyspelers! Ferreira Bekker (Gr. 12), Eduan Raubenheimer (Gr. 11) en Marcel Rudolph (Gr. 11) is gekies om deel te wees van die O/18 SA Barbarians-Rugbyspan wat aan die Rhino-week gaan deelneem.
Die span vertrek op ’n internasionale toer na Spanje vanaf 30 November tot 10 Desember 2025 – ’n ongelooflike geleentheid om hul talent op wêreldvlak te wys.
’n Spesiale woord van geluk aan Eduan Raubenheimer, wat die eer het om as kaptein van die Barbarians-span aangestel te word.
Valia is uiters trots op hul Valia Rugby-manne wat nie net hul skool nie, maar ook Suid-Afrikaanse rugby met trots gaan verteenwoordig.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.hstransvalia.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








