SAOlympiad 2025 – Hoërskool Waterkloof vier ‘n uitblinkprestasie! Hulle is ongelooflik trots op Charles Janse van Rensburg. Hy is onlangs as die Top presteerders in die SA Olympiad 2025 vir graad 10 aangewys.
Die SAOlympiad 2025 is ’n gesogte nasionale akademiese kompetisie wat leerders se wiskunde- en taalvaardighede toets. Duisende leerders van regoor Suid-Afrika neem jaarliks deel, en slegs die beste van die bestes dring deur na die volgende rondtes. Dit is ’n platform wat jong denkers die kans gee om hul probleemoplossingsvaardighede en kreatiewe redenasie te wys – en Charles het bewys hy is aan die voorpunt van sy groep.
Charles se harde werk en toewyding het hom die geleentheid besorg om aan die VIAMC Nasionale kompetisie te gaan deelneem. Dit sal plaasvind op 22 November 2025. Hierdie prestasie plaas hom ook op die pad na nóg groter hoogtes. Hy gaan aan die die Internasionale kompetisie in Viëtnam deelneem. Dit sal plaasvind vanaf 5 tot 8 Maart 2026.
Met sy talent en deursettingsvermoë is Klofies oortuig dat Charles ’n sterk aanspraakmaker gaan wees.
Baie geluk, Charles, jy maak Waterkloof trots! Ons hou jou dop en ondersteun jou elke tree van die pad.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








