Binnenshuise Krieket. 🎉 Kwaggas blink uit op nasionale vlak!
Tydens die vakansie het drie uitmuntende Kwaggas die eer verwerf om SA U18 kleure in binnenshuise krieket te dra — ‘n ongelooflike prestasie!
- Wernich Cassell
- Hanno Swart
- Daniël du Preez
Hierdie talentvolle spelers het deelgeneem aan die SA toer van 4–12 Oktober, wat gestrek het van Kaapstad tot Oos-London. Op 7 en 8 Oktober het die spanne ook in George gespeel teen Eden-uitnodiging spanne by die splinternuwe Triumph Indoor Sport Arena.
Maar dis nie al nie — nog 13 Kwaggas het hul staal gewys in die Eden-uitnodiging spanne:
- Juhann Stander
- Wynand Roeloffze
- Nathan Best
- Keaton Best
- Ruan Trump
- Devon van der Heever
- Dillon Dirche
- Marco Nel
- Ross Taljaard
- Matthew Coleman
- Diwan Uys
- MJ Botha
- Mariana Breedt (O.19 oud-Kwagga)
👏 Baie geluk aan elkeen van julle! Hoërskool Outeniqua is uiters trots op julle toewyding, talent en sportmanskap. Julle dra die Kwagga-naam met trots en styl!



Lees meer interessante skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf










