Matriek Uitstapdag & Klokseremonie. Vanoggend, Vrydag 17 Oktober, het Hoërskool Outeniqua, George, se matriekgroep van 2025 hul laaste skooldag op ’n gedenkwaardige manier gevier. Die dag het afgeskop met ’n energieke uitstap vol lag, herinneringe en kameraadskap – ’n laaste kans om saam as ’n graadgroep te kuier voordat die eindeksamen begin.
Die hoogtepunt van die dag was die klokseremonie – ’n Outeniqua-tradisie wat die simboliese afsluiting van die matriekjaar aandui. Elke leerder het die klok gelui as teken dat hul skoolloopbaan tot ’n einde kom en dat ’n nuwe hoofstuk wag. Die atmosfeer was gelaai met emosie, trots en dankbaarheid.
Die personeel het hul waardering uitgespreek vir die matriekgroep se deursettingsvermoë, leierskap en unieke gees. Familie en vriende het saam gekom om hierdie spesiale oomblik te deel, en daar was nie ’n droë oog in sig nie.
Ons wens elke matriek-leerder van 2025 sterkte toe met die eksamen en die pad vorentoe. Mag julle drome groot en jul voetspore diep wees.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Video verskaf
Become a Sponsor








