Goue Leeus IPT Rugbyspelers. 🏉 Hoërskool Linden se rugbyhelde blink uit by IPT-week!
Hoërskool Linden, Randburg in Gauteng, het drie uitmuntende rugbyspelers wat die skool se naam met trots gedra het tydens die jaarlikse Interprovinsiale Toernooi (IPT-week) aangebied by Hoërskool Monument.
LInden se drie Goue Leeus-verteenwoordigers is:
- Dylan Fisher (o.14)
- Jandré Pienaar (o.16)
- Keanu Thomas (o.18)
Elke speler het hul onderskeie ouderdomsgroep verteenwoordig in die finaal teen die Blou Bulle. Die o.16-span, met Jandré Pienaar in die voorste linies, het as kampioene uit die stryd getree!
🌟 Keanu Thomas het besondere lof ontvang toe hy ná die toernooi gekies is vir die “IPT Dream Team”, saamgestel uit die beste spelers van die Leeus, Duikers, Blou Bulle en Valke.
Hoërskool Linden is ongelooflik trots op Dylan, Jandré en Keanu – julle is ware ambassadeurs van jul skool en ons sien uit na julle toekomstige prestasies op die rugbyveld!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








