SA Biathle Kampioenskap. Tydens die afgelope skoolvakansie het die Durbies met trots aan die Suid-Afrikaanse Biathle Kampioenskap in Nelspruit deelgeneem. Hulle het uitstekend gevaar en die volgende uitslae behaal:
O/15 Afdeling
- Tiaan Lambrechts – 3de plek
- Wian Joubert – 8ste plek
O/17 Afdeling
- Niel Conradie – 14de plek
- Daniel Rainho – 18de plek
O/19 Afdeling
- Christiaan Pienaar – 19de plek
🎉 Al die leerders het gekwalifiseer vir die Biathle Wêreldkampioenskap, wat van 7–11 Desember 2025 in Mosselbaai plaasvind.
Baie geluk aan die atlete – Durbies is baie trots op julle!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








