Nasionale Fast 5-uitspele. Baie geluk aan Hoërskool Jim Fouché se fenomenale o.17-netbalspan met hul indrukwekkende 5de plek op nasionale vlak tydens die Nasionale Fast 5-uitspele! Hierdie toernooi het van die beste spanne in die land saamgebring. Julle het gewys dat JF nie net kan meeding nie, maar ook uitblink. Om slegs één wedstryd te verloor in die kwart-eindronde teen sulke sterk kompetisie, is ’n bewys van julle vasberadenheid, talent en ongelooflike spangees.
Elke pas, elke doel en elke verdediging het getuig van ure se harde werk, opoffering en toewyding. Julle het nie net vir ’n plek op die ranglys gespeel nie – julle het vir mekaar, vir julle afrigters en vir Hoërskool Jim Fouché gespeel. Die JF-waardes van trots, respek en uitnemendheid was duidelik sigbaar in elke oomblik op die baan.
Dankie dat julle jul skool se naam met soveel waardigheid en trots verteenwoordig het. Hoërskool Jim Fouché is uiters trots op elke speler, afrigter en ondersteuner wat deel was van hierdie ongelooflike reis. Mag hierdie prestasie net die begin wees van nog vele suksesse!
Hou aan glo, hou aan groei – JF staan agter julle!


Lees meer lekker skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf










