Boland Sewes Rugbyspanne. HTS Drostdy, Worcester, vier rugbytrots met Boland-Sewes o.17-keuring.
HTS Drostdy, Worcester, is uiters trots op vier van sy uitstaande rugbytalente wat onlangs in die Boland-Sewes o.17-spanne opgeneem is. Hierdie prestasie getuig van harde werk, toewyding en die hoë gehalte van rugby-ontwikkeling by die skool.
Geselekteerde spelers:
- Werno Ramsauer – A-span
- Raeden Schamboua – A-span
- JD van Tonder – B-span
- Darren Makeza – B-span
Hierdie jong spelers het hul plek in die span verdien deur uitsonderlike spelpeil, sportmanskap en deursettingsvermoë te toon. Hulle verteenwoordiging in die Boland-spanne is nie net ’n persoonlike mylpaal nie, maar ook ’n bron van trots vir die hele Drostdy-gemeenskap.
Toernooi op tuisbodem
Die o.17-interprovinsiale Sewes-toernooi vind van 9 tot 11 Oktober 2025 plaas. Wat ’n voorreg dat HTS Drostdy as gasheerskool optree. Dit bied ’n unieke geleentheid vir die gemeenskap om topklas rugby-aksie van naby te beleef. Hulle kan ook hul eie spelers op hul tuisveld ondersteun.
Kom ondersteun die Drostdy-sterre en beleef die opwinding van jeug-rugby op sy beste!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








