Fast Five Netbal. 🏐 Landboudal Boere, Jacobsdal – ’n Spogprestasie om te vier!
Baie geluk aan Landboudal Boere O.15 “Fast Five” Netbalspan. Hierdie puik span het hul staal gewys tydens drie uitmuntende toernooie! Die span het altesaam 14 wedstryde gespeel en het elke keer die finaal gehaal – ’n merkwaardige prestasie wat getuig van toewyding, talent en spanwerk.
Die span triomfeer by die Sand du Plessis-toernooi en behaal tweede plek by beide die Sentraal- en Jim Fouché-toernooie. Dit is ’n ware bewys van konsekwente uitnemendheid op die netbalbaan.
🌟 ’n Spesiale gelukwensing aan Elizce Fourie en Zoë Shepherd wat as uitblinker-spelers aangewys is tydens die Sentraal-Fast Five Netbaltoernooi. Julle harde werk en passie het werklik uitgestaan!
Landboudal is uiters trots op elke speler. Julle is ware ambassadeurs van jul skool en gemeenskap. Hou aan om hoog te mik en jul drome te jaag!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








