Tweede Tennisspan Onoorwonne – Merensky Landbou Akademie se tweede tennisspan het die Pepps Polokwane in styl verslaan. Die tweede tennisspan is onoorwonne in die B-liga.
Plasies se tweede tennisspan het Woensdag, 17 September die bane behoorlik laat gons toe hulle Pepps in die B-afdeling liga aangevat het. Met selfvertroue, styl en ’n klomp 7-0’s het die Plasies gewys hoe dit gedoen word.
Enkelsuitslae: Die seuns was vuurwarm en het nie ’n enkele stel afgestaan nie:
- Ryan Schlebusch – 7-0
- Daniel le Roux – 7-0
- Jac van Wyk – 7-0
- Keagan Cherry – 7-0
Die dogters het ook hul wedstryde met flair gewen:
- Roelien Janse van Rensburg – 4-3
- Amelie Pretorius – 6-1
- Nadia Honiball – 5-2
- Zelné Venter – 7-0
Dubbelsuitslae:
- Ryan & Daniel – 7-0
- Jac & Keagan – 5-2
- Roelien & Amelie – 4-3
- Nadia & Zelné – 5-2
Spesiale vermelding:
- Ryan en Daniel het ’n perfekte dag beleef. Hulle het geen potte afgestaan nie. Beide wen hul enkels én dubbels met 7-0. ’n Ware meesterklas!
Die tweede tennisspan sluit die liga onoorwonne af. Dit is ’n prestasie om baie trots op te wees!
Volgende stop is Noordstreek Interhoër op 1 Oktober. Schools That Rock hou duimvas en weet die Plasies gaan weer blink!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








