Vrystaat Sportsterre Skole-kategorie. 🏆 Hoërskool Jim Fouché vier sporthelde!
Baie geluk aan Dané de Klerk en Conrad van der Zwaard wat genomineer is vir die Vrystaat Sportsterre-toekennings in die skolekategorie. Hierdie toekennings erken uitsonderlike sportprestasies deur jong atlete in die provinsie.
🌊 Dané de Klerk
- Deelgeneem aan die SA Nasionale Junior Swemkampioenskappe
- Verteenwoordig Suid-Afrika by die Wêreld Junior Swemkampioenskappe in Otopeni, Roemenië
💪 Conrad van der Zwaard
- Behaal 3de plek in diskus (o/19) tydens SA-skole atletiek
- Neem deel aan die AWPC Kragoptel Nasionale Kampioenskappe in Idaho, VSA
- Breek een SA-rekord en twee wêreldrekords tydens die kampioenskappe
🎉 Die Vrystaat Sportsterre Gala-aand vind plaas op Donderdag, 9 Oktober. Ons wens Dané en Conrad alle sterkte toe – julle maak ons trots!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/ https://jf.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor








