Wes-Kaap Biathle & Triathle Kampioenskap. Hoërskool Outeniqua, George
Hoërskool Outeniqua, George, is ongelooflik trots op die Kwagga-atlete wat onlangs aan die Wes-Kaap Biathle & Triathle Kampioenskap deelgeneem het. Hulle het uitmuntende prestasies behaal en is gekies om die Wes-Kaap-span te verteenwoordig by die SA Kampioenskappe wat van 3–5 Oktober in Nelspruit plaasvind.
🎽 Prestasies:
- 🔸 Marco Erasmus – Juniors (19–21 jaar) 🥈 Triathle: Silwer 🥈 Biathle: Silwer
- 🔸 Marilie Duvenage – Juniors (19–21 jaar) 🥈 Triathle: Silwer 🥉 Biathle: Brons
- 🔸 Mia Botha – Juniors (19–21 jaar) 🥇 Triathle: Goud 🥈 Biathle: Silwer
- 🔸 Minay Botha – O.15 🥇 Triathle: Goud 🥇 Biathle: Goud
- 🔸 Afrigter Esrie – 40+ 🥇 Triathle: Goud 🥈 Biathle: Silwer
“Baie geluk, Kwaggas! Julle harde werk en toewyding is inspirerend. Ons wens julle alle sukses toe vir die nasionale kampioenskappe in Nelspruit — gaan wys wat julle kan doen!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf










