Alex Forbes-Skaaktoernooi. Die Gimmie-skaakspan het tydens die Alex Forbes Skaaktoernooi uitstekende spel gelewer en hul skool met trots verteenwoordig.
Hierdie toernooi, wat aanlyn plaasgevind het, was ’n kwalifiserende kampioenskap en Potch Gim het ses van hul sewe wedstryde gewen. Daarmee het hulle hul plek verseker as een van die top 16 skole wat deurdring na die nasionale finaal op 9 Augustus.
Baie geluk aan Gimmies se ster-skaakspelers:
- Joshua Louw (Graad 11)
- Dewald Coetsee (Graad 11)
- Ettienne van Meersbergen
- Frederik van der Westhuizen (Graad 12)
- Ruan Verster (Graad 11)
- Kari Goede (Graad 12)
- Annemarie van der Westhuizen (Graad 12)
- Hannes Hattingh (Graad 11)
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








