Uitvoerende Komitee en Koshuisleiers – Merensky Landbou Akademie het die naweek gestraal met die verkiesing van hul dinamiese nuwe Uitvoerende Komitee en Koshuisleiers vir die 2025/2026-termyn! Tydens ‘n inspirerende opleidingskamp het hierdie passievolle jongmense hul plek as hoofleiers verdien, gereed om ‘n merkwaardige verskil te maak in die akademie.
Uitvoerende Komitee
Die volgende leerders is verkies vir die Uitvoerende Komitee:
- Hoofdogter: Irma van Wyk — ’n leier wat inspireer met hart én visie.
- Hoofseun: Jan Pretorius — vasberade, met ‘n roeping om verandering te bring.
- Onderhoofdogters: Isabella Brett, Lyné Topham & Grethe Joubert — ’n kragtige trio vol energie en idees.
- Onderhoofseuns: Albert Swanepoel, Benjamin Snyman & Riko Gubitz — leiers in wording wat gereed is om die toekoms aan te pak.
Die volgende leerders is as prefekte tot die Uitvoerende Komitee verkies:
Aeden Anderson, Alissa Venter, Armand Eloff, Carlize Benedetti, Christiaan Basson, Christo Venter, Fanisa Chabalala, George Steenkamp, Hanco Fourie, Henru Venter, JP Botha, Kwetsi Masilane, Lara Hodgson, Layah Petersen, Lethabo Mailula, Marno Nel, Matthew Mockford, Meshack Mohlata, Mogau Makuya, Mpho Mahlatji, Ndivhuwo Maluleke, Nikita Celliers, Puki Mpiti, Ruby Quinn, Tsakani Andries, Victoria MacKenzie, Wiehan Gerber, Zak van Niekerk en Zoë Venter.
Verkiesing van Koshuisleiers – “The Colosseum”:
Die volgende leerders vir verkies as leiers vir die koshuis:
- Hoofdogter: Grethe Joubert — sy gaan seker maak dat die koshuis bruis van gees en gemeenskap.
- Hoofseun: Christo Venter — ‘n kaptein van karakter en kameraadskap.
- Onderhoofdogters: Lyné Topham, Karja Kruger & Larah Hodgson — vriendelik maar ferm, met ’n passie vir medestudente.
- Onderhoofseuns: Marno Nel, Armand Eloff & Christiaan Basson — die stratege en bouers van ‘n sterk koshuiskultuur.
Die volgende leerders is ook verkies as Prefekte vir die Koshuis:
Alissa Venter, Cait-Lynn Crafford, Irma van Wyk, Isabella Brett, Kwetsi Masilane, Luzaan Erasmus, Nikita Celliers, Ruby Quinn, Victoria MacKenzie, Zenya Engelbrecht, Aiden Anderson, Albert Swanepoel, Deon Joubert, George Steenkamp, Hanco Fourie, Henru Venter, Jan Pretorius, Matthew Mockford, Meshack Monlala, Riko Cubitz, Wiehan Gerber
Hierdie groep wat as nuwe leiers met nuwe energie verkies is vir 2025/2026 belowe om ‘n golf van positiwiteit, verantwoordelikheid en spanwerk deur Merensky te stuur. Hulle is nie net verkies nie—hulle is geroep om te lei!




Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








