Vrystaat Netbalkampioenskap. Hoërskool Sentraal spog met topprestasies by die Vrystaat Netbalkampioenskap.
Hoërskool Sentraal in Bloemfontein het weereens gewys hoekom hulle as een van die Vrystaat se sportkragpunte gereken word. Tydens die naweek se Vrystaat Netbalkampioenskap het Sentraal se o.16A-netbalspan hulle staal gewys en ’n welverdiende tweede plek losgeslaan. Hierdie prestasie verseker hulle plek as verteenwoordigers by die nasionale SA Kampioenskap wat later vanjaar, in die derde kwartaal, plaasvind.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








