SA Country Western Dans. Nigella Siebert verteenwoordig Suid-Afrika op wêreldverhoog.
Hoërskool Goudveld se Graad 11-leerder, Nigella Siebert, is ‘n buitengewone talentvolle danser in die SA Country Western Dans (SACWD) het ‘n merkwaardige prestasie behaal. Met haar passie en toewyding aan die kuns van country western-dans, het sy die aandag van die internasionale dansgemeenskap getrek.
Die World Country Dance Federation (WCDF) het haar met trots uitgenooi om deel te neem aan die 18de Wêreldkampioenskappe. Dit word vanaf 18 tot 24 Junie 2025 in Spanje gehou. Hierdie prestigeryke toernooi bring van die beste dansers regoor die wêreld bymekaar. Dit bied die geleentheid aan hulle om hul vernuf en tegniek in ‘n kompetisie van wêreldgehalte ten toon te stel.
Nigella het deur haar jare van harde werk, vasberadenheid en liefde vir dans ‘n uitstekende reputasie opgebou. Haar unieke styl en indrukwekkende choreografie het haar nie net nasionale erkenning besorg nie, maar haar ook ‘n plek op die wêreldverhoog verseker. Hierdie uitnodiging is ‘n bewys van haar uitsonderlike talent en haar verbintenis tot uitnemendheid in die kuns van country western-dans.
Ter voorbereiding vir die kampioenskappe ondergaan Nigella ‘n intensiewe oefenprogram. Dit slyp tegniek verder slyp en haar fisieke en geestelike stamina versterk. Haar familie, skool en die breër SACWD-gemeenskap staan reg agter haar en ondersteun haar op hierdie ongelooflike reis.
Suid-Afrikaanse dansliefhebbers sien met groot opgewondenheid uit na haar deelname en hou duim vas vir haar sukses op die wêreldverhoog. Nigella se reis na Spanje is nie net ‘n persoonlike mylpaal nie. Dit dien ook as inspirasie vir jong dansers wat droom om hul talent internasionaal te deel.
Sterkte, Nigella! Suid-Afrika is trots op jou!

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf









