Entrepreneur van die Jaar. Xanell Heyns, leerder van Hoërskool Witteberg in Bethlehem, het op 17 Mei 2025 deelgeneem aan die BrandBank-uitdunrondte van die “@Maak My ‘n Miljoenêr ” Entrepreneur van die Jaar-kompetisie. Haar entrepreneur-kennis en vaardighede is tot die uiterste beproef.
Die “Maak My ‘n Miljoenêr” Entrepreneur van die Jaar-kompetisie is ‘n inisiatief vanaf Albert van Wyk. Dit geskied in samewerking met ATKV-jeugprojekte, Die Mos-Inisiatief, Akademia en ATKV-oorde. Die doel van hierdie kompetisie is tweeledig:
• Bewusmaking van entrepreneurskap by skole
• Bemagtiging van entrepreneurs deur mentorskap en ondersteuning
“Maak My ‘n Miljoenêr” se span het vanaf verlede jaar Oktober ‘n landswye toer afgeskop. Hulle was opsoek na die Hoërskool-entrepreneur wat Albert kan mentor om hom of haar ‘n Miljoenêr te maak.
Albert en die “Maak My ‘n Miljoenêr” span het 82 skole besoek en 92,000 Hoërskool-leerders toegespreek. 230 Hoërskool-entrepreneurs het ingeskryf vir die kompetisie. ‘n Top-60 was gekies uit die 240 inskrywings en Xanell Heyns, van Hoërskool Witteberg het hierdie Top 60 gemaak. Die Top 60 moes die Brandbank rondte bywoon as die volgende stap van die kompetisie.
Die Brandbank is ‘n fisiese rooi bank waarop die jong Hoërskool-entrepreneurs moet sit voor ‘n paneel van beoordelaars. Hier word hulle ondervra oor hul besigheid om te toets of hulle regtig hul besighede goed ken. Daar is ook gekyk of hulle het wat dit vat om deur te dring na die volgende rondte van “Maak My ‘n Miljoenêr”.
Brandbank
Xanell het die Brandbank aangedurf en moes die beoordelaars van haar besigheid vertel. Die beoordelaars is Albert van Wyk, Marcius van Antwerp en Jason Coulson. Lisa met die Rooi hare, en Angie Gallagher van ATKV-jeugprojekte is ook deel van die beoordelaars. Hulle het almal baie ervaring in die besigheidsomgewing. Dit was ook moeilik om hulle te beïndruk.
Met groot opwinding wil Witteberg deel dat Xanell, uitgeblink het op die Brandbank. Sy het deurgedring na die volgende rondte van die “Maak My ‘n Miljoenêr” Entrepreneur van die Jaar-kompetisie en ViaTV Reeks.
Sy is nou deel van die Top 30. Dit is ‘n merkwaardige prestasie vir Xanell om gekies te word uit ‘n indrukwekkende groep van 92,000 Hoërskoolleerders. Daar is ook 240 Hoërskool-entrepreneurs wat aan die kompetisie deelgeneem het.
Die Top 30 gaan nou getoets word in die volgende rondte. Hulle moet oplossings vind vir regte wêreldprobleme in bestaande besighede. Hierdie uitdagingsrondtes gaan die entrepreneurs verder op die proef stel. Hulle moet wakker wees vir die uitdagings-rondtes omdat daar na elke uitdaging ‘n afstemming sal wees. Witteberg het vertroue in Xanell om die Top 20 te haal!
Entrepreneurskap
Om die Top30 te haal is bewys van Xanell se talent en harde werk. Sy deursettingsvermoë en passie vir Entrepreneur van die Jaar – Hoërskool Witteberg. Dit is duidelik dat sy net aan die begin staan van ‘n opwindende reis. Dit is vol geleenthede, sukses en die vervulling van groot drome.
Hoërskool Witteberg en die hele skool-gemeenskap is baie trots op Xanell Heyns se prestasie. Hulle glo dat hierdie slegs die begin is van ‘n opwindende pad vol sukses en groot drome in haar toekoms as entrepreneur.
Om te sien hoe Xanell vaar in hierdie ViaTV-reeks, kyk gerus na ViaTV-kanaal 147 Donderdagaande om 20:00 vanaf 7 Augustus 2025.
Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf









