Poort 2025. Hoërskool Jan van Riebeeck se leerders het vanjaar weer aan die nasionale Poort 2025 skryfkompetisie vir senior hoërskoolleerders deelgeneem.
Vanjaar se uitslae spreek boekdele oor die Jan van Riebeeckers se skryftalent.
Twee van die Jan van Riebeeckers wat deelgeneem het, was toppresteerders in dié kompetisie. Honderde inskrywings van regoor die land is ontvang.
Anna Dawes beklee met haar gedig “Kersfees is anders” die 7de posisie in die poësieafdeling en Mia van den Berg beklee met haar storie “Die tiende verdieping” die 8ste plek in die prosa/drama-afdeling!
Ander Jan van Riebeeckers wie se tekste in die bundel ingesluit word, is Alexandra Houlihan se gedig “in stukke verbrand”, Werner Seraphim se gedig “Die goeie ou wees” en Lara Warren se gedig “vir ewig”.
Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








