Vrystaat Junior Men Gholfliga. Daar is geen keer aan Wicus Brand, leerder van Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark nie! Wicus het homself bewys tydens die Vrystaat Junior Men Gholfliga.
Buiten dat hy uitstekende prestasies behaal het tydens die Vrystaat Junior Men-Liga as wenner by die o/17-groep sowel as die o/19-groep, was hy ook aangewys as die algehele wenner!
Wicus is ook gekies as lid van die Vrystaat Premier Volwassespan vir die Inter Provinsiale Liga wat in April plaasvind.
Hou hierdie jongman beslis dop!
Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://web.facebook.com/@HSDriehoek/
Foto verskaf
Become a Sponsor








