Interskole Atletiek. Hoërskool Swartland het 19 Februarie hul jaarlikse interskole atletiek gehad by Hoërskool Swartland se sportgronde.
Swartland stap wel nie met die trofee weg nie, maar die skool is baie trots om die volgende individuele prestasies te deel:
- Anke de Bruyn – junior victrix ludorum en junior beste dogter baanatleet
- Gurston Dixon – junior beste seun baanatleet
- Hugo Jurgens – junior beste seun veldatleet
- Rouxandré Matthee – senior beste seun veldatleet
- Anna-Mae van Zyl – senior beste dogter veldatleet
- Abigail Lourens – senior victrix ludorum



Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








