)

Hoofseun 2025 – Hoërskool DF Malan

Hoofseun 2025. Die afgelope aantal jare het Schools That Rock onderhoude gepubliseer van Hoofleiers afkomstig van verskeie hoërskole in Suid-Afrika. Hierdie jaar maak ons weer so en vandag gesels ons met Sebastian Gelderblom, Hoofseun 2025 van Hoërskool DF Malan in Kaapstad.

“Waarna ek die meeste uitsien in my leierskapjaar, is om ‘n impak in die skool te maak en sinvolle bydraes te lewer waarby die skool kan baatvind selfs nadat ons die skool verlaat het.

My persoonlike doenwitte vir die jaar is om soveel as moontlik mense positief te beïnvloed deur my dade en woorde elke dag. Hiermee wil ek dus die skool help saamsnoer deur die leerders se harte te help oopmaak vir ander.

Eienskappe van DF

Die eienskappe van Hoërskool DF Malan wat vir my die meeste uitstaan, is ons skool se eenheid in diversiteit.

Daar is altyd plek vir verbetering en ek voel in ‘n skool is die belangrikste eienskap van ‘n leerder, respek. Ek sal dus graag wil sien hoe die respek van elke leerder in DF na nuwe hoogtes gebring word. Respek teenoor onderwysers, mede-leerders en mense buite die skool. Dìt is ook deur ordentlik te groet,  onderwysers in die klaskamer te respekteer, asook teenoor leerders se eie liggame. Leerders behoort ook dankbaar te bly vir die voorregte wat aan hulle gegee word en dit te kan erken.

Ek sal iemand oorreed om DF die skool van hul keuse te maak deur hulle te vertel dat, benewens die groot verkeidenheid aktiwiteite wat die skool aanbied, DF ‘n tuiste is vir elke individu. Daar is iets vir elke leerder en dus ‘n plek vir elkeen onder die son. DF bied ‘n geleentheid vir leerders om hul passies na te streef wat geen ander skool op so ‘n wyse kan aanbied nie.

Sterkste leiers-eienskap

My sterkste leiers-eienskap is deur te streef daarna om ‘n man van my woord te wees. Daardeur kan ek lei deur my dade elke dag.

Om samewerking van my span te kry, sal ek alle take eweredig onder alle lede versprei. Ek sal ook elke spanlid van die Raad behandel met dieselfde respek en insig. Wees dus inklusief tydens projekte en maak seker dat almal ‘n geleentheid kry om gehoor te word.

Die persoon na wie ek die meeste opsien, is Siegfried Visser (2024 se onderhoofseun). Hy het my geïnspireer deur hoe hy sy besige jaar hanteer het en alles wat hy gedoen het, net sy beste gegee het. Hy het tyd gemaak vir sy belangrike prioriteite en dit is ook my doel. Om in alles wat ek doen my beste te gee en te onthou wat vir my die belangrikste is en nooit dit sal prysgee nie.

Waaroor ek die meeste dagdroom, is om Chants te sing by geesvang-geleenthede.

My gunstelig gereg is Pizza!

Die loopbaan wat ek wil volg na skool is medies by die Universiteit van Stellenbosch.”

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.dfmalan.com/

Foto verskaf



Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal