)

Hoofdogter 2025 – Hoërskool Henneman

Hoofdogter 2025. Die afgelope aantal jare het Schools That Rock onderhoude gepubliseer van Hoofleiers afkomstig van verskeie hoërskole in Suid-Afrika. Hierdie jaar maak ons weer so en vandag gesels ons met Daniëlle Myburgh, Hoofdogter 2025 van Hoërskool Henneman.

“As hoofleier van 2025, sien ek uit na die geleentheid om ‘n positiewe verskil te maak in my skoolgemeenskap. Ek wil ons kultuur van samehorigheid en trots bevorder! Ek sien ook uit na die uitdagings wat met leierskap gepaardgaan. Dit sal my help om nie net te groei as ‘n leier nie, maar ook as persoon. Laastens sien ek uit na die herinneringe wat ek saam met my mede leerders en onderwysers gaan maak. Dit is ‘n spesiale jaar waarin ek ‘n impak kan maak en terselfdetyd waardevolle lewenslesse kan leer.

My persoonlike doelwitte vir my leierskapsjaar is om ‘n positiewe impak te maak. Dit sluit in om sterk verhoudinge te bou, spanwerk te bevorder en goeie kommunikasievaardighede te ontwikkel. My doelwit vir HSH is om almal soos ‘n iemand te laat voel. Ek wil die kinders aanmoedig en motiveer om meer deel te neem aan alles wat die skool ons bied.

Eienskappe van HSH

Die eienskappe van HSH wat vir my die meeste uitstaan is verseker ons personeel. Ek kan met ‘n hart vol dankbaarheid en sekerheid sê dat ons personeel enig in hul soort is! Wat die meeste uitstaan vir my is, of dit nou saans of naweek is, meeste van hulle is net ‘n Whatsapp ver as jy hulp nodig het. Hulle gees en entoesiasme waarmee hulle alles aanpak, is aansteeklik.

Daar is nie eintelik enige veranderinge wat ek sal wil sien gebeur by die skool nie. Soos ek reeds gesê het, om meer leerders betrokke te probeer kry by al die aktiwiteite wat die skool bied.

Om iemand te oorreed om Hoërskool Henneman hul skool van keuse te maak, kan ek maar net sê dat dit lekker is om ‘n Hennie te wees. Hier is jy nie net ‘n nommer nie! Ons is ‘n plattelandse skool met sterk Christelike waardes. Verder het ons hoë akademiese standaarde, ondersteunende en inspirerende onderwysers en ‘n gevoel van samehorigheid. Daarom is Hoërskool Hennenman net die plek om te wees!

Sterkste leierskapeienskappe

My sterkste leiers-eienskappe is verantwoordelikheid, integriteit en selfvertroue. Ek is ‘n goeie luisteraar en bereid om alles aan te pak!

Ek sal samewerking van my span verkry deur ‘n positiewe voorbeeld te stel en almal met
respek te behandel. Almal moet voel dat daar na hulle geluister word en dat hul opinies
saak maak. Sodoende sal ons saam ons doelwitte kan bereik.

Die persoon na wie ek die meeste opkyk, is my ma. Sy luister aandagtig na al my stories, ondersteun my in alles wat ek aanpak, en gee vir my raad. Sy sê ook vir my wanneer ek verkeerd is.

Waaroor ek dagdroom, is ‘n suksesvolle loopbaan wat my in staat sal stel om na eksotiese lande/eilande te reis.

My gunstelling gereg is ‘n smaaklike pizza met KLOMP pynappels daarop, want wie hou nou nie van só ‘n soetigheid saam met elke happie nie?

Indien ek ‘n kombuis-artkel sou wees, sou ek ‘n suikerpot wees! Ek bied soetheid soos suiker. Met ander woorde, ek is vriendelik en bring positiwe energie na mense se lewens.

Ek is nog nie seker in wattter rigting ek wil studeer nie, maar ek dink daaraan om dalk tandheelkunde by Tuks, in Pretoria, te gaan studeer.”

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.hsh.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal