Lejweleputswa o.15A Krieketliga Hoërskool Fichardtpark is baie opgewonde en bevoorreg om vanjaar deel te kan wees van die Lejweleputswa o.15A Krieketliga – Hoërskool Fichardtpark. In hierdie liga kry die 0.15A krieketspan elke Saterdag in die krieketseisoen die geleentheid om aan ‘n 50-beurt wedstryd deel te neem. Vandag, 1 Februarie, het Fichies hulle eerste wedstryd teen Hoërskool Jim Fouché afgeskop.
Fichardtpark boul eerste en beperk JF tot 122 lopies almal uit.
Fichies se beste boulers:
- Pieter de Bruyn neem 4 paaltjies en staan slegs 13 lopies af.
- Roelof Herbst neem 3 paaltjies en staan 21 lopies af.
- Ivor Hamman neem 2 paaltjies en staan 39 lopies af.
Fichies se beste kolwers:
- Damian Mulder 61 lopies van 27 balle.
- Pieter de Bruyn 30 lopies van 30 balle.
- Christiaan Myburgh 17 lopies van 19 balle.
Hoërskool Fichardtpark wen JF met 8 paaltjies!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf









