)

Skoolkaptein 2025 – Grey Kollege

Skoolkaptein 2025. Die afgelope aantal jare het Schools That Rock baie suksesvol onderhoude gepubliseer van Hoofleiers van skole in Suid-Afrika. Hierdie jaar maak ons weer so en gesels ook met die Skoolkaptein 2025 van Grey Kollege, Adem Nieuwoudt.

“Waarna ek, as Skoolkaptein 2025, die meeste uitsien in my Hoofleier jaar by Grey Kollege, is om te sien hoe almal rondom my groei en verbeter. Sodoende wil ek die skool beter agterlaat as hoe ons dit gekry het.

My persoonlike doelwit vir hierdie jaar is om as persoon te groei. Ek wil myself ook beter te leer ken, veral as dit kom by moeilike besluite en situasies. My doelwit vir Grey Kollege hierdie jaar is om ‘n atmosfeer en omgewing te skep waar almal in die skool volgens sy eie potensiaal kan presteer. Ek streef ook daarna om die gevoel van eenheid tussen almal te versterk.

Daar is eienskappe van Grey Kollege wat vir my uitstaan. Dit is dat Grey ‘n plek is waar almal ‘n rol speel in die suksesverhaal. Dit beteken dat die skool ‘n baie spesiale manier het om elke leerder by iets te betrek en aan elke kind sy eie plek te bied.

Veranderinge wat ek wil sien gebeur hierdie jaar, is dat almal inkoop by die sisteem wat al vir baie jare lank werk. Daardie trots moet in die klein goedjies teruggebring word, want dit is waar alles begin.

Keuse van skool

Om iemand te oorreed om Grey Kollege sy keuse van ‘n skool te maak is nie moeilik nie. Ek kan nie die gevoel, wat die skool skep, beskryf nie. Daardie gevoel as die skool as een saam sing. Die gevoel as almal saam skree om seker te maak die span op die veld wen. Die hoendervleis wat ‘n mens kry as jy by die saal inloop. ONLY A FEW WILL REALLY KNOW – ‘n slagspreuk wat deur duisende Old Greys gebruik word, en dit vat alles vir my baie goed saam.

Ek dink ‘n baie goeie leiers-eienskap van my is dat ek geleer het om te luister – meer as wat ek praat. Maar as ek praat om ‘n impak met my woorde te maak, wys ek dit deur ander te dien.

Samewerking

My span is ‘n groep ouens wat daarvan hou om verantwoorlikheid te neem. Sodoende sal ek nie ‘n probleem met samewerking hê nie. Ek wys hulle dat ek hulle vertrou met ‘n taak en hulle sal daardie verantwoordelikheid op hulle skouers dra en die taak uitvoer tot die beste van hulle vermoë. Indien jy hulle egter net los en alles self wil doen, gaan hulle terugsit en nie hul samewerking bied nie.

Die persoon na wie ek die meeste opsien is my pa. Hy was nog altyd daar vir my en hy hanteer uitdagende situasies op ‘n baie spesiale manier. Ek leer baie by hom.

Waaroor dagdroom ek? Nee, ek het regtig nie tyd om te dagdroom nie.

My gunsteling gereg is my ma se pannekoeke!

As ek moet sê wat ek sou wees indien ek ‘n kombuis-artikel was, sal ek sê ’n warmplaat – om die potte aan die kook (dinge aan die gang) te hou.

My loopbaan na skool – ek gaan medies studeer. Ek sal graag na Maties, Tuks of UCT wil gaan.”

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://greycollegesecondary.com/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal