Seniorkoor oefenkamp – Primêre Meisieskool Oranje het die afgelope naweek met die Seniorkoor getoer vir hulle eerste oefenkamp. Die dogters is na die Drakensberge geneem. Daar het hulle tuisgegaan by Drakensville en kon hulle die mooi Drakensberge geniet.
Die Seniorkoor het nie net hard geoefen nie, maar ook baie lekker gespeel. Hulle het speletjies gespeel, geswem, en aan lekker spanbou aktiwiteite deelgeneem.
Een van die hoogtepunte was die “zip line” oor die dam. Die toer is afgesluit deur ‘n besoek aan die Berg Air Lifestyle Centre waar die dogters ook die baie bekende Drakensberg Sjokoladefabriek besoek het.
Personeel wat die oefenkamp van die Seniorkoor vergesel het, is: Mevv. Anita Fourie, Engela le Roux, Renée Neuhoff, Celeste Viljoen, Maretha Steyn en mnr. Werner Stander.
Met die terugkeer, was die koorlede pootuit, maar elke oomblik was die moeite werd. Dit was ‘n uiters suksesvolle toer!
Daar word opgewonde uitgesien na die 2025 koorjaar.




Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








