Krieketseisoen skop af. Die krieketseisoen skop af en Hoërskool Strand se 2025 krieketprogram het ook weer afgeskop. Dit is veral die o.15A span wat tot dusver indruk gemaak het.
Op Donderdag, 17 Januarie, het die eerste span Bridge House met 65 lopies geklop. Die Strand het 151 lopies vir die verlies van 6 paaltjies in 20 boulbeurte aangeteken. Nicholis Martin het ‘n skitterende 46 lopies aangeteken. Bridge House is daarna vir 86 lopies uitgeboul. Daniël Theron het 4 paaltjies vir 14 lopies platgetrek. Hy is goed deur Nicholis Martin en Joshua Human bygestaan wat elk 2 paaltjies geneem het.
Die o/15 span het Bridge House met 7 paaltjies gewen. Nicolae Roux het ‘n skitterende 51, nie uit nie, aangeteken. Voorwaar uitstekende kolfwerk.
Saterdag het beide spanne teen Hoërskool Hermanus gespeel. Die eerste span het, as gevolg van veldwerkblapse, met 62 lopies verloor. Hermanus het 216 lopies aangeteken waarna die Strand met 154 lopies geantwoord het. Cloete de Jager het 35 sprankelende lopies aangeteken wat ‘n reuse ses ingesluit het. Nicholis Martin was weereens ‘n staatmaker en het 3 paaltjies vir 36 lopies laat kantel.
Die o/15–span is vir ‘n skamele 62 lopies uitgeboul, maar het egter met mening teruggeveg en Hermanus ook tot 62 lopies beperk. Toe is daar ‘n “super over” gespeel en het Strand geseëvier.
Gedurende Desember 2024 was drie spelers van Strand deel van die Boland se o/17–Plattelandspan wat in Worcester in die finaal verloor het. Nicholis Martin, Daniël Theron en Jordan Everts het hulle staal in hierdie toernooi gewys. Daniël Theron was ook die kaptein van hierdie span. Die afrigter van die eerste span, mnr. Henk Conradie wat ook die vakansie getroud is, was die assistentafrigter van hierdie span.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








