Laerskool Outeniqua se Vokale Ensemble het uitstekend presteer in vanjaar se Eisteddfod. Hulle het ‘n A+++ verwerf vir die ikoniese “Adiemus” en die “Hou djou rokkies”-medley wat hulle aangebied het. Hierdie groep presteer uitstekend die afgelope paar jaar en behaal top-simbole tydens Eisteddfod en Koorfeeste.